Xu Jinglei | |
Geboorte | 16 April 1974 Beijing, Volksrepubliek China |
---|---|
Nasionaliteit | Chinees |
Beroep(e) | Aktrise, sangeres en filmregisseur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Xu Jinglei (Chinees: 徐静蕾; Pinyin: xú jìnglěi) of Jane Xu (gebore 16 April 1974 in Beijing) is 'n bekende aktrise, sangeres en filmregisseur in China.
Xu studeer van 1993 tot 1997 aan die Instituut vir Uitvoerendekunste van die Beijing Rolprentakademie. Gedurende haar tyd aan die akademie speel sy in ondersteunende rolle in televisiedramas en rolprente. Na sy gegradueer het, het sy hoofrolle in verskeie televisiereekse en rolprente gespeel en het 'n bekende en gewilde aktrise in China geword.
Xu Jinglei maak ook naam as filmregiseur in die 2002 rolprent My Father and I. Xu regiseer nog 'n rolprent A Letter from an Unknown Woman in 2004.
In Augustus 2006, haal haar webjoernaal die meeste inkomende skakels van alle webjoernale op die internet, volgens Technorati.
Xu Jinglei het haar eerste album as sangeres in Junie 2006 vrygestel.